Principia Primêr
Principia Primêr, 'n onafhanklike dubbelmedium skool geleë in die skilderagtige Klein Karoo dorp Oudtshoorn, open sy deure in Januarie 2011. Dié laerskool het gegroei uit die voormalige Principia Kollege en het sy onstaan te danke gehad aan 'n groep plaaslike ouers wat gehoor gegee het aan 'n werklike behoefte vir 'n dubbelmedium, privaatskool met 'n onafhanklike denkrigting in die Oudtshoorn-omgewing.
Principia Primêr volg 'n progressiewe benadering tot die bestaande kurrikulum wat deur goed gekwalifiseerde, erfare onderwysers in 'n liefdevolle, veilige omgewing aangebied word. Slegs Grade R, 1, 2, 3,4 and 5 word tans gehuisves. Soos leerlinge deur die grade vorder sal daar jaarliks 'n nuwe graad bygevoeg word.
Principia Primêr word gelei deur 'n toegewyde Bestuurskomitee wat bestaan uit ouers en opvoeders binne die skool sowel as die breër gemeenskap. |